Bert Smith Korporatief is ’n toonaangewende verskaffer van korporatiewe dienste in Suid-Afrika.

Skakel Ons Gerus
012 654 4107

Dienste Oorsig

By Bert Smith Korporatief bied ons doelgerigte korporatiewe en B-BBEE-oplossings aan besighede wat wil groei, uitbrei en hul strukture strategies wil inrig om aan regulatoriese vereistes te voldoen.

In hierdie lig streef Bert Smith Korporatiewe Dienste daarna om aan elke kliënt n sakpas en nommerpas oplossing te bied. Ons praat immers jou taal!

img

Ons aanbieding van Korporatiewe dienste sluit in:

1. B-BBEE-oplossings vir ondernemings en bestuur

Ondernemings in verskeie sektore word in die moderne sake-omgewing toenemend genoodsaak om doelgerigte B-BBEE-oplossings te implementeer. Ons werk nou saam met eienaars, bestuur en sleutel rolspelers om praktiese en volhoubare B-BBEE-strukture te ontwikkel wat ondernemings in staat stel om mededingend te bly en met vertroue aan die formele handelsverkeer in Suid-Afrika deel te neem.


2. Boedel- en besigheidsstrukturering

Ons span kundiges ondersteun kliënte met strategiese beplanning en herstrukturering van beide hul besigheidsbelange en persoonlike boedels, met die doel om risiko’s doeltreffend te bestuur en langtermyn-sekuriteit te verseker.

Vir hierdie doeleindes staan ons kliënte by met die opstel van testamente, asook die vestiging en strukturering van maatskappye en ander regsentiteite om ’n voorafbeplande en gewenste uitkoms te bereik.


3. Korporatiewe dienste

Ons lewer omvattende korporatiewe ondersteuning, insluitend:

  • Maatskappyregistrasies en de-registrasies
  • Opstel en strukturering van sleuteldokumente
  • Hantering van registrasie- en wysigingsprosesse by die CIPC

Kontak ons vir konsultasie of advies